Stroomversnelling November 2025
Beste Moreleta Kerk
Die swanesang van 2025 word nou uit volle bors gesing veral as Novembermaand in die helfte is. Al wat nou nog moet gebeur in hierdie maand is al die afsluitings en dan natuurlik die Kerssangbelewenis op 30 November. Oor hierdie gebeurtenis droom en beplan ons al vir meer as ‘n jaar lank!

Kerssangbelewenis
Tydens die jaar se Kerssangbelewenis span Riaan en Franna Benadé kragte saam met die Moreleta Musiekspan om ‘n onvergeetlike somerkersfeesbelewenis aanmekaar te sit. Sal jy so gou moontlik jou kaartjies boek sodat ons so bes moontlik vir jou kan voorberei
Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid om ook mense te nooi wat los staan van kerk om te kom deelneem aan hierdie kosbare gebeurtenis. Kry vandag nog jou kaartjies by iTickets teen R41. (Alle gelde word teruggeploeg na plekke waar kerfees nie met hoop gevier kan word nie).

Inwording en Dissipelskap
Dankie vir elkeen wat deur die Inwording proses deel is van ons strategie om intensioneel dissipels te maak. Beide ons vroue en manne bediening, asook ‘n aanlyn groepering het ook nou Inwording voltooi wat beteken die groep van dissipelmakers by Moreleta groei by die dag. Dankie vir elkeen se gehoorsaamheid aan Jesus se belangrikste opdrag.
Die belofte bly staan dat ons saam met jou die pad enduit sal stap soos wat jy dissipels maak. Daarom dan kan ek ook nie genoeg benadruk hoe belangrik dit is om seker te maak jy word al hoe meer soos Jesus in jou eie handel en wandel nie. Hierdie week sluit ons die reeks oor die evangelie en die sentraliteit van dit in ons lewens af en begin dan dadelik jou voorberei vir ‘n splinternuwe kursus in Januarie 2026 wat handel oor die Vaderhart van God. Wat jou persepsie van God as Vader is maak of breek jou persepsie van wat dit beteken om Jesus te volg. Ons nooi graag lidmate van Morleteta Kerk uit om die Vader vars en nuut te ontmoet vir wie Hy is. Boek solank 29 Januarie, 5 en 12 Februarie 2026 uit.

Toekomsmusiek: 2026
So gepraat van ontmoetings in 2026. Ons wil verskriklik graag jou kind met verwagting ontvang in 2026. Dissipelskap moet verstaan en uitgeleef word in elke ontwikkelingsfase van ‘n jongmens. Ek wil by jou kom pleit om ons te help om gereed te wees vir jou kind en daarom is registrasie verskriklik belangrik. Kliek op die volgende skakel om jou kind te registreer vir 2026. Kliek hier

Ons onmoetings op Sondae is ‘n hoogtepunt, maar by tye voel dit baie onpersoonlik in so ‘n reuse ouditoruim. Daarom gaan ons in 2026 die ouditoruim kleiner maak met afskortings wat die lidmate nader aan mekaar gaan laat beweeg. Verwag dieper vriendskappe, ‘n nuwe saamsing belewenis, meer interaksie en groter samesyn. Dankie dat jy bereid is om dalk op ‘n ander plek te begin sit.
Dankie ook dat jy deel is van Moreleta Kerk se storie in 2025. Ons vat nie een van ons lidmate as vanselfsprekend nie en ons glo en vertrou saam met jou dat God sal aanhou met die werk wat hy in jou lewe begin het.
WAT ‘N KOSBARE 40 JAAR VAN GOD SE GENADE OOR ONS ELKEEN.
Baie respek
Teodor van der Spuy

Jeugregistrasies 2026
18 January – 22 November 2026
Featured

Kerssangbelewenis 2025
30 November 2025

Vaderhart Kursus
29 January – 12 February 2026