Logo for Moreleta Manne

Moreleta Manne

Group is open

Categories

Tipe Groep: Belangegroep

About Moreleta Manne

Ons mannebediening is ’n weeklikse bymekaarkoms waar manne van alle ouderdomme mekaar versterk, uitdaag en bemoedig. 

Dis ’n ruimte waar jy jou geloof kan voed, maar ook waar jy eerlik kan wees oor die uitdagings van vandag se lewe – of jy nou ’n jong man op skool is wat jou identiteit en roeping ontdek, of ’n pa/eggenoot/werknemer wat reeds in die dieptes van die lewe staan. 

Hier bou ons aan egte vriendskappe, kry geestelike inspraak en  leer hoe om jou roeping met integriteit uit te leef.